News

Betroubare staatmakers, dag ná dag

Of jy nou ploeg of plant, boorde bespuit of sommer algemene werk op die plaas wil doen, met Massey Ferguson se veelsydige MF 200 Xtra-reeks is jy gerat vir enige taak.

Die reeks, wat deur Barloworld Agriculture versprei word, bestaan uit drie werkesels van 35 kW tot 60 kW. Dit is eenvoudige meganiese trekkers sonder onnodige fieterjasies, maar bied alles wat jy nodig het vir ekonomiese, seepgladde, betroubare werkverrigting – jaar in en jaar uit.

Die MF 200 Xtra-reeks is die volmaakte basiese trekkerpakket:

  • kragtige, brandstofdoeltreffende dieselenjins met hoë wringkrag
  • swaardiens-ratkaste
  • ’n eenvoudige kragaftakstelsel met uitstekende kragoordrag
  • die legendariese Ferguson-driepuntstelsel vir maklike beheer van implemente
  • stewige eksterne hidrouliese vloei
  • ’n groot, gerieflike operateursplatform met goed geplaaste kontroles
  • ’n kragstuur wat hantering vergemaklik
  • maklike toegang vir instandhouding.

Die drie modelle is die MF 240 Xtra van 35 kW, die MF 268 Xtra van 47 kW en die turbo-aangedrewe MF 290 Xtra van 60 kW. Die MF 268 Xtra en MF 290 Xtra is beskikbaar met sowel twee- as vierwielaandrywing. Al drie modelle kan opsioneel met ’n rolstaaf en afdak gekoop word.

Hierdie trekkers is maklik om mee te werk en ekonomies om te onderhou, met laeprys-onderdele. En soos met hul legendariese voorgangers kan jy weer eens reken op ’n puik herverkoopwaarde.

Vir meer inligting, kontak jou naaste Massey Ferguson-handelaar of skakel Judith Parkin van Barloworld Agriculture by 011 898 0356.