News

Massey Ferguson maak die verskil

Die vlagskip onder Massey Ferguson se hoëtegnologietrekkers, die MF 8690, gaan voort om plaaslik louere in te oes vir brandstofdoeltreffendheid en werkverrigting.

Massey Ferguson se MF 8690 van 250 kW is in 2009 deur Nebraska OECD, een van die wêreld se voorste trekkertoetssentrums, geloof vir sy brandstofdoeltreffendheid.

Vandag, ses jaar later, getuig produsente steeds hoe hulle voordeel trek met Massey Ferguson se dieselsuinige hoëtegnologietrekkers.

Nebraska OECD se meting van brandstof in gm/kW/h is gebaseer op ’n kragaftakkertoets in labatoriumtoestande en verwys na die enjin se vermoë om brandstof in energie te omskep, sê mnr. Piet Vorster, produkbestuurder vir Massey Ferguson se hoëtegnologietrekkers by Barloworld Agriculture. ‘n Nebraska-verslag wys kurwes wat kW-uitsetting op verskillende enjinomwentelings uitstippel asook wringkrag en brandstofdoeltreffendheid onder verskillende dinamometer-ladings.

“‘n Trekker se doeltreffendheid hang nie alleen af van die enjin se vermoë nie. Die enjin, transmissie en hyser moet as ‘n kragtige eenheid kan saamwerk om optimale benutting te bewerkstellig. Dat Massey Ferguson skitterend hierin slaag, is plaaslik deur en deur bewys, ook met vergelykende toetse in die veld,” sê Vorster.

Spanwerk

“Die rede hiervoor is die ongeëwenaarde spanwerk tussen die MF 8690 se 8.4 liter AGCO Power-enjin; die wêreld se mees gevorderde transmissie, Dyna VT; en die puik hyser met sy hope reserwekapasiteit.”

Die AGCO Power-enjin beskik oor ‘n Dynamic Tractor Management-stelsel wat enjinomwentelinge outomaties aanpas om die mees ekonomiese brandstofverbruik te verseker by veranderende grond- en werktoestande. Die enjin bied ook ’n hoë wringkragreserwe – ’n kenmerk van Massey Ferguson-trekkers – wat onder meer moontlik gemaak word deur ’n lang enjinslag.

Dyna-VT, Massey Ferguson se deurlopend-wisselende transmissie, sorg outomaties vir die presiese beheer van grondsnelheid terwyl enjinomwentelinge so laag moontlik gehou word. Dit bring mee dat die trekker altyd op sy mees ekonomiese en doeltreffende werk.

Daarby bied die elektronies beheerde driepunthyser met sy enorme optelvermoë van tot 12 ton ‘n groter reserwekapasiteit vir die gemaklike hantering van implemente.

Massey Ferguson se hoëtegnologietrekkers is beskikbaar met GPS-gebaseerde Autosteer, is ten volle Isobus-gereed en ook reeds voorsien van antennas en sensors vir Agcommand-telemetrie wat die afstandmonitering van die trekkers moontlik maak.

Die voordele van hierdie tegnologiekombinasie geld vir al Massey Ferguson se hoëtegnologietrekkers – sowel die res van die MF 8600 reeks as die MF 7600 reeks, sê Vorster.

Afgesien van die MF 8690 bestaan die MF 8600 reeks uit die MF 8670 van 213 kW en die nuwe MF 8660 van 196 kW, wat onlangs tot die reeks toegevoeg is om die kilowatt-gaping tussen dié reeks en die MF 7600 reeks te vul.

Die MF 7600 reeks van 96 tot 177 kW bestaan uit sewe modelle wat almal aangedryf word deur AGCO Power-enjins. Trekkers in die reeks is beskikbaar met ’n Dyna VT- of Dyna 4- of Dyna 6-transmissie afhangend van die model en beskikbare opsies. Die Dyna-4-en Dyna-6 modelle beskik oor 16 of 24 vorentoe- en truratte onderskeidelik, wat jy sonder ’n koppelaar wissel. Modelle in die reeks se hysvermoë wissel van 7 tot 9,1 ton – weer eens ver bo die gemiddeld.

Massey Ferguson het die afgelope tyd groot groei behaal in die hoëtegnologie-segment van die mark. “Dit is omdat al meer eindgebruikers aan hulle sak die verskil ervaar wat Massey Ferguson-tegnologie maak ten opsigte van brandstofverbruik, produktiwiteit en werkverrigting,” sê Vorster.

Vir meer inligting kontak jou naaste Massey Ferguson handelaar of skakel 011 898 0747 om jou naaste handelaar te vind.