News

Plant akkuraat vir wins

Massey Ferguson wydwerkplanters is beskikbaar met tot 36 rye en verskillende opvou-opsies.

Of jy nou konvensionele of bewaringsbewerking doen, sukses met planttyd hang af van jou planter se akkuraatheid en betroubaarheid.

Presiese plantspasiëring en korrekte plantdiepte kan jou opbrengs – en jou wins – dramaties verhoog, soos boere wat met Massey Ferguson planters plant lankal reeds weet.

Barloworld Agriculture, wat Massey Ferguson versprei, bied kostedoeltreffende plantoplossings vir ’n verskeidenheid toestande en behoeftes. Al die MF planters word gekenmerk deur eenvoud, konstante akkuraatheid, ’n stewige konstruksie en lae onderhoud.

Die MF planterreeks bestaan uit:

  • MF 9100 vasteraamplanters (voorheen die MF 555 reeks) met positiewe lugdruk, beskikbaar met 3 tot 12 rye en ’n ryspasiëring van 0,76 tot 1,5 m
  • MF 9100, 9700 en 9800 wyespanplanters met positiewe lugdruk, beskikbaar met 12, 16, 24 en 36 rye en ryspasiërings van 76 cm (of 91 cm by die 12-ry-model wat vertikaal stapel)
  • MF 100, MF 500 en MF 700 bewaringsbewerkingsplanters met vakuum-saaduitmeting, beskikbaar met 2, 4, 6 en 8 rye
  • Die nuwe MF 300 fynsaadplanter, met saaduitmeting via gegroefde spiraalrollers en beskikbaar met 20 en 26 rye, en met ’n rywydte van 17cm

’n Verskeidenheid kouters, tande en skoonmakers verseker plantproduktiwiteit ongeag jou bewerkingsmetode

Werk wyd

Konvensionele Massey Ferguson-planters is twee dekades al gevestig in die mark, en die wydwerkplanters bou voort op hul reputasie vir akkuraatheid en betroubaarheid. Hierdie planters bied die beste van alle wêrelde – maksimum produktiwiteit in planttyd en tegnologie wat jou opbrengs en winsgewendheid verhoog.

Mnr. Rudolph Schoeman van Christo Schoeman Emds. Bpk. wat tussen Middelburg en Hendrina boer, het die afgelope seisoen 1 500 hektaar mielies en soja met ’n 24-ry MF 9824 planter met rywydtes van 76 cm geplant. “Plantspasiëring en ontkieming is baie goed en ek het ook goeie beheer oor diepteplasing met die MF 9824,” sê hy.

Die planter skarnier op twee plekke, met nege rye wat aan elke kant vorentoe toevou. Dit word hidroulies beheer en ry-eenhede kan uit die kajuit aan- of afgeskakel word. Twee 2 500 liter tenks waarmee gif en entstof of vloeibare kunsmis toegedien kan word, verminder staantyd.

“Hierdie planter is ’n toonbeeld van swaardiens,” sê Schoeman. “Dit kan baie gewig op die disselboom dra. En leeg of vol, maak dit in minder as minuut oop en toe. Ek het teen gemiddeld 110 hektaar per dag geplant, sonder probleme.”

Die planters se verskillende seksies kan 15% op en af krink sodat al die ry-eenhede heeltyd in kontak met die grond is vir ’n konstante diepte. Omdat elke seksie sy eie ratkas het, bly saadspasiëring konstant wanneer teen kontoere geplant word.

Plant vir bewaring

Mnre. Egon Schulenburg en sy seun, André, van Cyferfontein by Coligny pas bewaringsbewerking toe om vogverlies, spoelskade en winderosie te bekamp en produksie te verbeter.

Hulle drie MF 715 planters, waarmee hulle vanjaar 1 500 hektaar mielies, sonneblom en soja geplant het, is toegerus met penne wat 150-200 mm diep werk om die sanderige leemgrond in die saadvoor los te maak.

“Bewaringsbewerking begin by die regte planter en die MF 700 is ontwerp deur iemand wat weet presies wat hy doen,” sê Schulenburg sr. “Dis ’n swaardiensplanter wat die penne wat ons gebruik kan hanteer. Die voorsnykouters van 22 duim sny maklik deur oesreste. Danksy die ontwerp en lengte van die plantereenheid pak materiaal ook nie saam nie, wat oponthoude weens blokkasies verder uitskakel.”

Daarby is die saaduitmeetstelsel absoluut akkuraat. “As ons 28 000 pitte per hektaar wil neersit, doen die planter dit, en teen die regte spasiëring.”

Die voordele van bewaringsbewerking is vanjaar weer bewys toe die Schulenburgs ’n mielie-opbrengs van tot 3,5 ton per hektaar behaal het teenoor opbrengste van gemiddeld sowat 2 ton in die omgewing.

Vir meer inligting kontak jou Massey Ferguson handelaar of skakel Hennie Strydom van Barloworld Agriculture by 082 808 1148.